by Albertus Daniel Keet (1888 - 1972)
Klaas vakie
Language: Afrikaans
Ek sal nou maar so saggies aan na bed toe gaan. My ogies is al baie vaak, ek dwing al om hul toe te maak. Ek sal maar bed toe gaan. Ek sal nou maar my moeder kus, en dan gaan rus. My ogies is al baie moe, hul val vanself al sommer toe. Ek sal maar gou gaan rus. Ek sal nou maar my ogies sluit; die lig is uit. En haar gesig die sien ek tog; aan haar dink ek gedurig nog, al is die liggie uit.
Text Authorship:
- by Albertus Daniel Keet (1888 - 1972) [author's text not yet checked against a primary source]
Musical settings (art songs, Lieder, mélodies, (etc.), choral pieces, and other vocal works set to this text), listed by composer (not necessarily exhaustive):
- by Johannes Petrus Jodocus Wierts (1866 - 1944), "Klaas vakie" [ voice and piano ] [sung text checked 1 time]
Researcher for this text: Emily Ezust [Administrator]
This text was added to the website: 2023-01-28
Line count: 15
Word count: 89