O koud is die windjie en skraal, En blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat. In elk' grashalm se vou blink 'n druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!
Die liedere van Rosa Nepgen ; Vol.3 ; Drie Marais-liedere
Song Cycle by Rosa Sophia Cornelia Nepgen (1909 - 2000)
1. Winternag  [sung text not yet checked]
Language: German (Deutsch)
Text Authorship:
- by Eugène Nielen Marai (1871 - 1936), "Winternag"
Go to the general single-text view
Confirmed with Eugène MaraisVersamelde werke, Pretoria : J.L. van Schaik, 1984, p.1013
Researcher for this page: Joost van der Linden [Guest Editor]
2. Hart‑van‑die‑dagbreek  [sung text not yet checked]
Language: Afrikaans
‘Die Spore van die Hart-van-die-Dagbreek! Lank het ek dit in die dou gesien voor die son dit doodvee; die klein spoortjies van Nampti wat my hart laat sing.’
Text Authorship:
- by Eugène Nielen Marai (1871 - 1936), "Hart-van-die-Dagbreek", subtitle: "Lied van die woestynlewerkie deur die klein Boesmanmeidjie Nampti vertolk"
Go to the general single-text view
Confirmed with Eugène Marais, Versamelde werke, red. Leon Rousseau. Pretoria : J.L. van Schaik, 1984
Researcher for this page: Joost van der Linden [Guest Editor]
3. Diep rivier  [sung text not yet checked]
Language: Afrikaans
O, Diep Rivier, O Donker Stroom, hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom, die lem van liefde wroegend in my hart? -In jou omhelsing eindig al my smart; blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat - die groot verlange wat my nooit verlaat. ek sien van ver die glans van staal en goud, ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud; ek hoor jou stem as fluistering in 'n droom, kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom.
Text Authorship:
- by Eugène Nielen Marai (1871 - 1936), "Diep Rivier"
Based on:
- a text in Unknown Language by Juanita Perreira [text unavailable]
Go to the general single-text view
Confirmed with Eugène Marais, Versamelde werke, red. Leon Rousseau, Pretoria : J.L. van Schaik, 1984
Researcher for this page: Joost van der Linden [Guest Editor]
Total word count: 193